DANIËL 6:6
DANIËL 6:6 Die Boodskap (DB)
Hulle sê toe vir mekaar: “Ons enigste kans om Daniël vas te trek is as ons hom aankla oor die manier waarop hy sy godsdiens beoefen.”
DANIËL 6:6 Bybel vir almal (ABA)
Die ander twee hoof-amptenare en die goewerneurs sê toe vir mekaar: “Ons sal net by die koning oor Daniël kan gaan kla wanneer Daniël iets doen wat sy God wil hê.”
DANIËL 6:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop het dié manne gesê: Ons sal teen hierdie Daniël geen enkele grond vir 'n aanklag vind nie, tensy ons dit teen hom vind in sy godsdiens.
DANIËL 6:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle sê toe vir mekaar: “Ons sal niks teen hierdie Daniël kry nie, behalwe as ons iets kan kry in verband met sy godsdiens.”
DANIËL 6:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dié manne sê toe: “Ons sal nie enigiets vind teen hierdie Daniël nie, behalwe as ons iets teen hom vind in die wet van sy God.”