DANIËL 6:28
DANIËL 6:28 Die Boodskap (DB)
Hy red en verlos sy mense; Hy doen bonatuurlike tekens en wonders in die hemel en op die aarde. Dit is Hy wat vir Daniël bewaar het sodat die leeus niks aan hom gedoen het nie.”
DANIËL 6:28 Bybel vir almal (ABA)
Hy red mense en maak hulle vry. Hy doen tekens en wonderwerke in die hemel en op die aarde. Hy het vir Daniël gered, die leeus het nie vir Daniël gevang nie.”
DANIËL 6:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy verlos en red en doen tekens en wonders in die hemel en op aarde, Hy wat Daniël uit die mag van die leeus verlos het.
DANIËL 6:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy red en bevry, Hy doen tekens en wonders in die hemel en op die aarde; Hy het Daniël uit die kloue van die leeus gered.”
DANIËL 6:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy wat red en verlos en tekens en wonders doen in die hemel en op die aarde, dit is Hy wat Daniël gered het uit die kloue van die leeus.
DANIËL 6:28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So was hierdie Daniël voorspoedig in die regering van Daríus en in die regering van Kores, die Pers.