DANIËL 6:25
DANIËL 6:25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die koning het toe beveel dat daardie mans wat Daniël wou verontreg, saam met hulle kinders en vroue in die leeuhok gegooi moes word. Hulle het skaars grondgevat in die hok of die leeus het hulle verskeur.
DANIËL 6:25 Bybel vir almal (ABA)
Toe het die koning gesê hulle moet daardie manne bring wat wou hê dat Daniël moet sterf. Die koning het gesê hulle moet daardie manne vir die leeus gooi, ook hulle seuns en hulle vroue. Die leeus het hulle gevang en opgevreet nog voor hulle onder in die gat geval het.
DANIËL 6:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die koning het bevel gegee, en hulle het daardie manne gebring wat Daniël aangeklaag het, en hulle, hulle kinders en hulle vroue in die leeukuil gegooi; en hulle het nog nie die bodem van die kuil bereik nie of die leeus het hulle oorweldig en al hulle bene vermorsel.
DANIËL 6:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Op bevel van die koning is die mense wat vir Daniël verkla het, gebring en in die leeukuil gegooi saam met hulle kinders en hulle vrouens. Hulle het nog nie in die leeukuil grond gevat nie of die leeus was op hulle en het hulle verskeur.
DANIËL 6:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die koning het bevel gegee, en hulle het daardie manne wat Daniël aangekla het, gebring, en hulle in die leeukuil gegooi, hulle saam met hulle kinders en vroue. Hulle het nog nie eers die bodem van die kuil bereik nie, toe die leeus hulle oorweldig en al hulle beendere vergruis.
DANIËL 6:25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het koning Daríus aan al die volke, nasies en tale geskryf wat op die hele aarde woon; Vrede word vir julle vermenigvuldig.
DANIËL 6:25 Die Boodskap (DB)
Daarna het die koning beveel dat die mense wat Daniël by hom aangekla het, saam met hulle families gevang moes word. Hulle en hulle families is toe saam in die leeukuil gegooi. Hulle het skaars grond geraak of die leeus was op hulle, besig om hulle te verskeur.