DANIËL 6:19-20
DANIËL 6:19-20 Bybel vir almal (ABA)
Die koning het huis toe gegaan. Hy het die hele nag niks geëet nie en met niemand gepraat nie. Hy kon nie slaap nie. Toe dit lig word, het die koning vinnig na die gat gegaan waar die leeus was.
DANIËL 6:19-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe het die koning na sy paleis gegaan en met vas die nag deurgebring en die byvroue nie voor hom laat kom nie, en sy slaap het van hom weggevlug. Daarop het die koning die môre vroeg toe dit lig word, opgestaan en haastig na die leeukuil gegaan.
DANIËL 6:19-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die koning is na sy paleis toe en het 'n slaaplose nag deurgebring; hy het niks geëet nie en het niks gedoen om die tyd te probeer verdryf nie. Die volgende môre vroeg toe dit lig word, het hy opgestaan en is hy haastig na die leeukuil toe.
DANIËL 6:19-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die koning het daarna na sy paleis gegaan en die nag deurgebring deur te vas. Geen kos is vir hom gebring nie, en slaap het hom ontwyk. In die oggend, teen die eerste lig, het die koning opgestaan en haastig na die leeukuil gegaan.
DANIËL 6:19-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het die koning die môre vroeg opgestaan en haastig na die leeukuil gegaan. En toe hy by die kuil kom, het hy met 'n klaaglied na Daniël geroep; en die koning het gespreek en vir Daniël gesê: Daniël, dienaar van die lewende God, is jou God wat jy gedurigdeur dien, in staat om jou te verlos van die leeus?
DANIËL 6:19-20 Die Boodskap (DB)
Die koning is terug paleis toe, waar hy ’n slapelose nag deurgebring het, sonder kos of enige ander tydverdryf. Vroeg die volgende môre het die koning opgestaan en vinnig na die leeukuil toe gegaan.
DANIËL 6:19-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die koning is toe terug na sy paleis toe. Hy het daardie aand niks geëet nie. Daar is nie soos gewoonlik vir hom musiek gemaak nie. Hy kon ook nie daardie nag slaap nie. Met dagbreek die volgende oggend het hy haastig na die leeus se hok toe gegaan.