DANIËL 5:2
DANIËL 5:2 Bybel vir almal (ABA)
Belsassar het later dronk geword. Hy het gesê sy bediendes moet die goue bekers en die silwer bekers bring wat Nebukadnesar uit die tempel van Jerusalem gevat het. Die koning wou uit die bekers drink saam met sy vroue, sy byvroue en sy amptenare. Belsassar het koning geword ná Nebukadnesar.
DANIËL 5:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
By die genot van die wyn het Bélsasar bevel gegee om die goue en silwervoorwerpe te bring wat sy vader Nebukadnésar uit die tempel van Jerusalem weggevoer het, sodat die koning en sy maghebbers, sy vroue en sy byvroue daaruit kon drink.
DANIËL 5:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe hy onder die invloed van die wyn was, het hy die goue en die silwerbekers wat deur sy voorganger Nebukadnesar uit die tempel van Jerusalem weggevoer is, laat haal sodat hy en sy hoofamptenare, sy vrouens en sy byvrouens daaruit kon drink.
DANIËL 5:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Belsasar het, terwyl hy die wyn geniet, opdrag gegee dat die voorwerpe van goud en silwer wat sy vader Nebukadnesar uit die •tempel in Jerusalem verwyder het, gebring moes word, sodat die koning en sy maghebbers, sy haremvroue en byvroue daaruit kon drink.
DANIËL 5:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Belsasar het, terwyl hy die wyn geproe het, bevel gegee om die goue en silwer voorwerpe wat sy vader Nebukadnésar uit die tempel in Jerusalem gehaal het, te bring; sodat die koning en sy vorste, sy vroue en sy byvroue daarin kon drink.
DANIËL 5:2 Die Boodskap (DB)
Later, toe hy al heeltemal te veel gedrink het, het hy beveel dat hulle van die goue en silwerbekers wat sy pa, Nebukadnesar, uit die tempel in Jerusalem gevat het, moet gaan haal sodat hy en sy hooggeplaaste gaste en sy vroue en byvroue daaruit kon drink.
DANIËL 5:2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Terwyl Belsasar so aan die drink was, het hy beveel dat die goue en silwer voorwerpe wat sy voorganger Nebukadnesar uit die tempel van Jerusalem verwyder het, daarnatoe gebring word. Die koning wou saam met sy vooraanstaande amptenare, sy vroue en sy byvroue daaruit drink.