DANIËL 4:31
DANIËL 4:31 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sy woorde was nog nie koud nie toe kom daar 'n stem uit die hemel: “Daar is besluit, koning Nebukadnesar, dat jy uit jou koningskap onthef gaan word.
DANIËL 4:31 Die Boodskap (DB)
Sy woorde was nog nie behoorlik koud nie, toe sê ’n stem uit die hemel: “Koning Nebukadnesar, so is besluit: jou koninkryk word nou van jou af weggevat.
DANIËL 4:31 Bybel vir almal (ABA)
Toe die koning dit sê, het hy Iemand gehoor praat uit die hemel. Hy het gesê: “Koning Nebukadnesar, jy sal nie meer koning wees nie.
DANIËL 4:31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Terwyl die woord nog in die mond van die koning was, val daar 'n stem uit die hemel: Koning Nebukadnésar, jou word aangesê — die koningskap word jou ontneem
DANIËL 4:31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die woorde was nog op die lippe van die koning, toe val daar 'n stem uit die hemel: “Aan jou, koning Nebukadnesar, word gesê, ‘Die koningskap het van jou gewyk.