DANIËL 4:30
DANIËL 4:30 Bybel vir almal (ABA)
Hy het gesê: “Kyk hoe groot is die stad Babel. Dit is 'n stad vir 'n koning. Ek het dit gebou, ek, die groot koning.”
DANIËL 4:30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
het die koning aangehef en gesê: Is dit nie die groot Babel wat ek opgebou het tot 'n koninklike verblyf, deur die sterkte van my vermoë, en tot verheerliking van my majesteit nie?
DANIËL 4:30 Afrikaans 1983 (AFR83)
het hy gesê: “Kyk net hoe groot is Babel! Deur my groot mag het ek daarvan 'n koningstad gemaak, tot my eer en roem.”
DANIËL 4:30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die koning het toe begin praat en gesê: “Is dit nie die grote Babel wat ek tot 'n koninklike verblyf opgebou het deur die krag van my vermoë en tot verheerliking van my majesteit nie?”
DANIËL 4:30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die koning het gespreek en gesê: Is dit nie die groot Babel wat ek gebou het vir die huis van die koninkryk deur die mag van my krag en tot eer van my majesteit nie?