DANIËL 4:3
DANIËL 4:3 Bybel vir almal (ABA)
Sy tekens en wonderwerke is groot en wonderlik. Hy sal altyd Koning wees, Hy sal altyd regeer.
DANIËL 4:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hoe groot is sy tekens, en hoe magtig sy wonders! Sy koninkryk is 'n ewige koninkryk, en sy heerskappy is van geslag tot geslag!
DANIËL 4:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Hoe groot is sy tekens, hoe magtig sy wonders! Sy koninkryk is 'n ewige koninkryk, sy heerskappy duur van geslag tot geslag.
DANIËL 4:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Sy tekens – hoe groot is hulle nie, en sy wonders – hoe magtig is hulle nie! Sy koninkryk is 'n ewige koninkryk, en sy heerskappy is van geslag tot geslag.
DANIËL 4:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hoe groot is sy tekens! en hoe magtig is sy wonders! sy koninkryk is 'n ewige koninkryk, en sy heerskappy is van geslag tot geslag.