DANIËL 4:12
DANIËL 4:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sy blare was mooi en sy vrugte was groot, daar was genoeg kos aan hom vir die hele wêreld. Onder hom het die wilde diere skaduwee gesoek, en in sy takke het die voëls nes gemaak. Alles wat leef, het van hom hulle kos gekry.
DANIËL 4:12 Bybel vir almal (ABA)
Die boom het mooi blare en baie vrugte gehad. Almal kon van sy vrugte eet. Die diere het onder die boom kom lê, en die voëls het in sy takke gewoon. Die boom se vrugte was kos vir al die mense en die diere.
DANIËL 4:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Sy blare was mooi en sy vrugte baie, en aan hom was vir alles voedsel; onder hom het die diere van die veld skaduwee gesoek, en in sy takke het die voëls van die hemel gewoon, ja, alle vlees is daardeur gevoed.
DANIËL 4:12 Die Boodskap (DB)
Sy blare was dig en lowergroen en daar was soveel vrugte aan die boom dat daar genoeg was vir almal om van te eet. Die wilde diere het in die skaduwee van die boom kom lê en rus en die voëls het in sy takke nes gemaak. Almal het van die boom se vrugte geëet.