DANIËL 3:27
DANIËL 3:27 Bybel vir almal (ABA)
Die belangrike amptenare het almal kom kyk en hulle het gesien dat die vuur nie die drie manne gebrand het nie. Dit het nie die hare op hulle koppe gebrand nie. Hulle klere was nog dieselfde en dit het ook nie soos vuur geruik nie.
DANIËL 3:27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop het die landvoogde, die bevelhebbers en die goewerneurs en die raadsmanne van die koning vergader en aan daardie manne gesien dat die vuur geen mag oor hulle liggame gehad en die hare van hulle hoof nie geskroei het nie, en dat hulle mantels geen verandering ondergaan en die reuk van die vuur nie aan hulle gekom het nie.
DANIËL 3:27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe die goewerneurs-generaal, die goewerneurs, die administrateurs en die raadgewers van die koning nader kom, sien hulle aan die manne dat die vuur niks aan hulle liggame kon doen nie, dat hulle hare op hulle koppe nie eens geskroei was nie en dat hulle klere niks makeer nie; jy kon nie eens ruik dat hulle in die vuur was nie.
DANIËL 3:27 Die Boodskap (DB)
Al die prinse, premiers, administrateurs en ander amptenare van die koning het nader gekom om na die drie mans te kyk. Hulle was verstom om te sien dat die vuur niks aan hulle gedoen het nie. Hulle hare was nie geskroei nie en daar was nie ’n enkele brandmerk aan hulle klere nie. Hulle het nie eens na rook geruik nie.
DANIËL 3:27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die amptenare, hoofgoewerneurs, goewerneurs en ministers van die koning het om hulle saamgedrom. Hulle het gesien dat die vuur niks aan hulle gedoen het nie. Die hare op hulle kop was nie eers geskroei nie. Hulle klere het niks oorgekom nie en hulle het nie na rook geruik nie.