DANIËL 2:21
DANIËL 2:21 Bybel vir almal (ABA)
Hy laat jare en maande verbygaan en Hy sê wat moet gebeur. Hy vat konings weg, Hy kies nuwe konings en stel hulle aan. God gee wysheid en kennis vir wyse en verstandige mense.
DANIËL 2:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy tog verander die tye en die geleenthede; Hy sit konings af en stel konings aan; Hy verleen wysheid aan die wyse manne en kennis aan die wat insig het
DANIËL 2:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy wat tye en omstandighede verander, wat konings afsit en konings aanstel, wat aan die wyse manne die wysheid gee en die verstand aan dié wat insig het
DANIËL 2:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy verander tye en tydperke; Hy sit konings af en stel konings aan. Hy gee wysheid aan wyses en kennis aan wie insig het.
DANIËL 2:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Hy verander die tye en geleenthede: Hy sit konings af en stel konings aan; Hy gee wysheid aan die wyse mense en kennis aan die wat verstand ken.