DANIËL 1:19
DANIËL 1:19 Bybel vir almal (ABA)
Die koning het met hulle gepraat en hy het nie ander seuns gekry wat so slim was soos Daniël, Gananja, Misael en Asarja nie. Hulle het begin werk vir die koning.
DANIËL 1:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die koning het met hulle gespreek, en onder hulle almal is daar niemand gevind soos Daniël, Hanánja, Mísael en Asárja nie. So het hulle dan voor die koning gedien.
DANIËL 1:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die koning het met hulle gepraat en hy het onder almal niemand gevind soos Daniël, Gananja, Misael en Asarja nie. Toe het hulle in diens van die koning getree.
DANIËL 1:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die koning het met hulle gepraat, en onder hulle almal is daar niemand gevind soos Daniël, Gananja, Misael en Asarja nie. Hulle het by die koning in diens getree.
DANIËL 1:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die koning het met hulle gespreek; en onder hulle almal is niemand gevind soos Daniël, Hanánja, Misael en Asárja nie; daarom het hulle voor die koning gestaan.