DANIËL 1:18
DANIËL 1:18 Bybel vir almal (ABA)
Die koning het gesê hulle moet die seuns ná drie jaar bring. Toe die drie jaar verby was, het Aspenas die seuns na koning Nebukadnesar toe gebring.
DANIËL 1:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En aan die einde van die dae wat die koning vasgestel het om hulle in te bring, het die owerste van die hofdienaars hulle voor Nebukadnésar gebring.
DANIËL 1:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Op die tyd wat koning Nebukadnesar bepaal het dat die jongmanne voor hom gebring word, het die hoofpaleisbeampte dit gedoen.
DANIËL 1:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Aan die einde van die tydperk wat die koning bepaal het dat hulle ingebring moes word, het die toesighouer oor die paleisamptenare hulle voor Nebukadnesar gebring.
DANIËL 1:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En aan die einde van die dae wat die koning gesê het dat hy hulle moes inbring, het die owerste van die hofdienaars hulle voor Nebukadnésar ingebring.