DANIËL 1:1 - Compare All Versions

DANIËL 1:1 ABA (Bybel vir almal)

Koning Nebukadnesar van die land Babel het na Jerusalem gekom. Sy soldate het Jerusalem van al die kante aangeval. Dit was in die derde jaar nadat Jojakim koning van Juda geword het.

DANIËL 1:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

IN die derde jaar van die regering van Jójakim, die koning van Juda, het Nebukadnésar, die koning van Babel, na Jerusalem gekom en dit beleër.

DANIËL 1:1 AFR83 (Afrikaans 1983)

In die derde regeringsjaar van koning Jojakim van Juda het koning Nebukadnesar van Babel teen Jerusalem opgetrek en dit beleër.

DANIËL 1:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

In die derde jaar van die regering van Jojakim, die koning van Juda, het Nebukadnesar, die koning van Babilonië, na Jerusalem gekom en dit beleër.

DANIËL 1:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

In die derde jaar van die regering van Jojakim, die koning van Juda, het Nebukadnésar, die koning van Babel, na Jerusalem gekom en dit beleër.

DANIËL 1:1 DB (Die Boodskap)

In die derde jaar dat Jojakim koning van Juda was, het koning Nebukadnesar van Babel Jerusalem aangeval en die stad omsingel.

DANIËL 1:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

In die derde jaar wat koning Jojakim oor Juda regeer het, het Nebukadnesar teen Jerusalem opgetrek. Hy was die koning van Babel. Hy het die stad beleër.