KOLOSSENSE 4:2-6
KOLOSSENSE 4:2-6 Bybel vir almal (ABA)
Julle moenie ophou bid nie, julle moet wakker wees en julle moet altyd vir God dankie sê. Julle moet ook vir ons bid. Ons wil graag hê dat God vir ons moet stuur om weer te gaan preek en vir mense die boodskap oor Christus te bring. Dit is 'n boodskap wat niemand voorheen geken het nie, maar God het dit nou vir ons gesê. Ek is nou in die tronk omdat ek die boodskap oor Christus gepreek het. Julle moet vir my bid dat ek oor daardie boodskap sal preek en dat ek dit sal verduidelik soos ek moet. Wanneer julle by mense is wat nie in Christus glo nie, dan moet julle reg lewe. Ja, julle moet julle tyd reg gebruik. Wanneer julle met mense praat, dan moet julle altyd vriendelik wees. Dit moet vir die mense lekker wees om na julle te luister. Ja, julle moet altyd die regte dinge vir elke mens sê.
KOLOSSENSE 4:2-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging; en bid tegelykertyd ook vir ons, dat God vir ons die deur van die woord mag open om te spreek van die verborgenheid van Christus, waarvoor ek ook in boeie is, dat ek dit openbaar kan maak soos ek dit behoort te spreek. Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit. Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.
KOLOSSENSE 4:2-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Volhard in die gebed! Wees daarby waaksaam en dankbaar en bid tegelykertyd ook vir ons. Bid dat God vir ons 'n deur vir die woord oopmaak sodat ons die geheimenis van Christus kan verkondig waarvoor ek hier gevange sit. Bid dat ek dit duidelik sal verkondig soos dit my opgelê is. Tree met wysheid op teenoor die mense wat nog buite die gemeente is. Maak die beste gebruik van elke geleentheid. Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te antwoord.
KOLOSSENSE 4:2-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Volhard in gebed. Wees waaksaam en dankbaar as julle bid. Bid terselfdertyd ook vir ons, dat God vir ons 'n deur vir die Woord sal oopsluit, om die misterie van •Christus te verkondig – dit waarvoor ek in boeie is – en bid dat ek dit met die regte woorde sal kan verduidelik. Tree met wysheid teenoor buitestanders op, en koop die tyd uit. Julle woorde moet altyd van goeie smaak getuig, met •sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe om 'n ieder en 'n elk te antwoord.
KOLOSSENSE 4:2-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hou aan in gebed en waak daarin met danksegging; Deur ook vir ons te bid dat God vir ons 'n deur van uitspraak sal oopmaak om die verborgenheid van Christus te verkondig, waarvoor ek ook in boeie is: Sodat ek dit openbaar kan maak, soos ek behoort te spreek. Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit. Laat julle woord altyd vriendelik wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle elkeen behoort te antwoord.
KOLOSSENSE 4:2-6 Die Boodskap (DB)
Bid gereeld en gedissiplineerd. Sê ook vir God dankie vir alles wat Hy vir julle doen. Moet asseblief ook nie vergeet om vir ons te bid nie. Vra God om vir my deure oop te maak sodat ek vir die mense van Christus kan vertel. Ek wil vir almal die geheim vertel dat Christus ook vir hulle bedoel is, al sit ek ook juis daarom vandag in die tronk. Vra God om my te help om die regte dinge op die regte tyd te sê wanneer ek vir mense van Jesus vertel. As julle met mense te doen kry wat nie Christene is nie, moet julle julle veral goed gedra. Gebruik elke oomblik om ’n positiewe invloed op hulle uit te oefen. Dit moet ook altyd vir mense lekker wees om met julle te gesels. Na elke gesprek moet hulle voel dat dit die moeite werd was. So ’n ingesteldheid sal julle help om te weet in watter rigting om gesprekke te stuur en wat om volgende te sê.
KOLOSSENSE 4:2-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Volhard in die gebed. Bid terwyl julle geestelik waaksaam en dankbaar is. Bid terselfdertyd ook vir ons, dat God ons geleentheid sal gee om oor die geheim van Christus te praat. Dis hoekom ek in die gevangenis is! Bid dat wanneer ek daaroor praat, ek dit so duidelik sal uitlê soos ek dit moet doen. In julle verhouding met buitestanders moet julle slim optree deur elke kans te benut. Met woorde wat altyd vriendelik en sinvol is, moet julle gereed staan om die regte antwoord vir elke mens te gee.