KOLOSSENSE 4:12
KOLOSSENSE 4:12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Epafras stuur vir julle groete. Hy is een van julle en ’n dienskneg van Christus Jesus. Hy bid altyd ernstig vir julle dat julle as volwasse gelowiges met volle oortuiging in alles die wil van God sal bly doen.
KOLOSSENSE 4:12 Bybel vir almal (ABA)
Epafras stuur ook groete vir julle. Hy het voorheen daar by julle gewoon, maar hy is nou hier by my. Hy werk ook vir Christus. Epafras bid altyd ernstig vir julle en hy vra dat God julle moet help dat julle heeltemal sal wees soos Hy wil hê en dat julle alles presies sal doen soos Hy wil hê.
KOLOSSENSE 4:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Épafras wat een van julle is, 'n dienskneg van Christus, groet julle en stry altyd vir julle in die gebede, dat julle volmaak en volkome mag staan in die ganse wil van God.
KOLOSSENSE 4:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Epafras, wat een van julle is, stuur vir julle groete. Hy staan in diens van Christus Jesus en bid altyd ernstig vir julle dat julle staande mag bly, geestelik volwasse en in alles volkome gehoorsaam aan die wil van God.
KOLOSSENSE 4:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Epafras, een van julle, 'n dienskneg van •Christus Jesus, stuur vir julle groete. Hy worstel voortdurend vir julle in sy gebede, dat julle volkome en met volle oortuiging staande mag bly in alles wat God wil.
KOLOSSENSE 4:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Epafras, wat een van julle is, 'n dienskneg van Christus, groet julle, terwyl hy altyd ywerig vir julle arbei in die gebede, sodat julle volmaak en volkome kan staan in die hele wil van God.
KOLOSSENSE 4:12 Die Boodskap (DB)
En dan is daar natuurlik Epafras wat julle so goed ken. Hy het my gevra om julle spesiaal namens hom te groet. Hy gee al sy tyd en energie vir Christus Jesus. As ons maar hoor, bid hy baie ernstig vir julle, veral vir julle geestelike volwassenheid. Hy vra God om julle te help om nie ’n duim van die koers af te wyk nie. Hy bid dat julle lewe al hoe meer sal word soos God dit wil hê.