KOLOSSENSE 4:10-11
KOLOSSENSE 4:10-11 Bybel vir almal (ABA)
Aristargus is saam met my in die tronk en hy stuur groete vir julle. Markus, die neef van Barnabas, stuur ook groete vir julle. Julle weet wat julle moet doen wanneer Markus daar by julle kom, julle moet vir hom sê hy is welkom. Jesus, sy ander naam is Justus, stuur ook groete vir julle. Hy en Aristargus en Markus is die enigste Jode wat my gehelp het om vir die mense te vertel dat God Koning is. Hulle het my baie gehelp.
KOLOSSENSE 4:10-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Aristárchus, my medegevangene, groet julle; en Markus, die neef van Bárnabas, oor wie julle bevele ontvang het — as hy by julle kom, ontvang hom — ook Jesus wat Justus genoem word, manne wat uit die besnydenis is. Hulle alleen is my medewerkers vir die koninkryk van God en hulle was 'n troos vir my.
KOLOSSENSE 4:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Aristargos, wat hier saam met my gevange sit, stuur vir julle groete; ook Markus, die neef van Barnabas. Oor hom het julle reeds opdragte gekry: as hy daar by julle kom, moet julle hom gasvry ontvang. Verder stuur Jesus, wat ook Justus genoem word, groete. Hulle drie is die enigste Jode wat saam met my werk vir die koninkryk van God. Hulle is vir my 'n groot troos.
KOLOSSENSE 4:10-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Aristargus, my medegevangene, stuur groete vir julle, en ook Markus, Barnabas se neef. Oor hom het julle reeds opdragte ontvang – wanneer hy by julle kom, verwelkom hom. Dieselfde geld ook Jesus, wat Justus genoem word. Van diegene wat uit die besnydenis kom, is hulle die enigste medewerkers vir die •koninkryk van God, en hulle het 'n troos vir my geword.
KOLOSSENSE 4:10-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Aristarchus, my medegevangene, groet julle, en Markus, die suster se seun van Barnabas, (wat julle gebooie aangeneem het; as hy na julle toe kom, ontvang hom) En Jesus, wat Justus genoem word, wat uit die besnydenis is. Hierdie alleen is my medewerkers aan die koninkryk van God, wat vir my 'n troos was.
KOLOSSENSE 4:10-11 Die Boodskap (DB)
Aristargos stuur vir julle groete. Hy is saam met my hier in die tronk. Markus, Barnabas se neef, stuur ook groete. Ontvang hom asseblief goed wanneer hy daar aankom. Julle weet mos wat om te doen. Jesus, wie se ander naam Justus is, stuur ook groete. Hierdie mans is die enigste Jode wat enduit saam met my bly werk het om God Koning in mense se lewe te maak. Glo my, hulle het al baie vir my beteken.
KOLOSSENSE 4:10-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Aristargus, wat saam met my ’n gevangene is, stuur groete, en ook Markus, Barnabas se neef. Oor hom het julle reeds opdragte ontvang. As hy daar kom, moet julle hom verwelkom. Dieselfde geld ook vir Jesus wat Justus genoem word. Hulle twee is die enigste Jode wat met my saamwerk vir God se koningsheerskappy. Wat ’n troos is hulle vir my!