KOLOSSENSE 1:7
KOLOSSENSE 1:7 Bybel vir almal (ABA)
Epafras het vir julle vertel dat God baie goed is. Epafras werk saam met my, en ek is lief vir hom en ek weet hy doen altyd sy werk baie goed. Hy werk vir Christus daar by julle.
KOLOSSENSE 1:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
soos julle ook geleer het van Épafras, ons geliefde mededienskneg, wat 'n getroue dienaar van Christus vir julle is
KOLOSSENSE 1:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle is daarin onderrig deur Epafras, ons geliefde medewerker en 'n getroue dienaar van Christus in julle belang.
KOLOSSENSE 1:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit het julle geleer by Epafras, ons geliefde medewerker, wat ter wille van julle 'n getroue dienskneg van Christus is.
KOLOSSENSE 1:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Soos julle ook geleer het van Epafras, ons dierbare mededienskneg, wat vir julle 'n getroue dienaar van Christus is