AMOS 8:8
AMOS 8:8 Bybel vir almal (ABA)
Die mense van die land sal bang word hieroor en bewe. Almal wat hier woon, sal huil en treur. Al die mense in die land sal skrik en wegvlug soos die water in die Nyl-rivier wat vol word en wegloop.”
AMOS 8:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Moet hieroor die aarde nie bewe en elke inwoner daarvan nie treur nie? Ja, dit sal oprys in sy geheel soos die Nyl en onstuimig opkook en wegsak soos die rivier van Egipte.
AMOS 8:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sal die aarde nie hieroor beef nie, sal sy bewoners nie treur nie! Sal die hele wêreld nie in beroering kom soos die Nyl, wegsak soos die rivier van Egipte nie!
AMOS 8:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sal die aarde nie hieroor skud nie, en elkeen wat daarop woon, nie treur nie? Dit sal in sy geheel styg soos die Nyl; dit sal onstuimig wees en terugsak soos die rivier van Egipte.”
AMOS 8:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sal die land nie hieroor bewe en elkeen wat daarin woon, treur nie? en dit sal heeltemal opkom soos 'n vloed; en dit sal uitgewerp en verdrink word soos deur die vloed van Egipte.
AMOS 8:8 Die Boodskap (DB)
Is dit nie iets wat die wêreld moet ontstel nie? Moet die bewoners van die aarde nie huil as hulle hoor wat julle doen nie? Moet die aarde nie bewe soos alles sidder voor die Nyl wat met geweld afkom en daarna weer terugsak, wanneer hulle hoor hoe die Here julle gaan straf nie?