AMOS 8:5
AMOS 8:5 Bybel vir almal (ABA)
Julle sê: ‘Wanneer is die Nuwemaan-fees verby? Dan kan ons weer koring verkoop. Wanneer is die Sabbatdag verby? Dan kan ons weer ons koringwinkels oopmaak en skelm wees. Wanneer ons die koring weeg, dan sal ons die mense te veel laat betaal.’
AMOS 8:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
deur te sê: Wanneer is die nuwemaan verby, sodat ons koring kan verkoop, en die sabbat, sodat ons die graanskuur kan oopsluit — om die efa te verklein en die sikkel te vergroot en bedrieglik te handel met 'n valse weegskaal
AMOS 8:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle sê: “Wanneer is Nuwemaan verby dat ons koring kan verkoop, of Sabbat, dat ons ons graanwinkels weer kan oopmaak en minder graan vir meer geld kan verkoop? Ons laat die skaal mos kul soos ons wil!”
AMOS 8:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
deur te sê, “Wanneer is nuwemaan verby, sodat ons weer koring kan verkoop, en die Sabbat, sodat ons die graansakke kan oopmaak?” net om 'n efa kleiner te maak en 'n sikkel groter, en om te kul met 'n vals weegskaal
AMOS 8:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
en gesê: Wanneer sal die nuwemaan verby wees, dat ons koring kan verkoop? en die sabbat, dat ons koring kan uitsteek deur die efa klein en die sikkel groot te maak en die weegskaal deur bedrog te vervals?
AMOS 8:5 Die Boodskap (DB)
Julle kan nie wag dat die fees van die nuwemaan verby is sodat julle weer julle deure kan oopmaak en kan aangaan om graan te verkoop nie. Julle wens die Here se rusdag om sodat julle weer julle winkels waar julle koring verkoop, kan oopmaak vir besigheid. Julle is daarop uit om met weegskale waaraan daar gepeuter is, al minder goed vir al meer geld te verkoop.