AMOS 6:6-7
AMOS 6:6-7 Bybel vir almal (ABA)
Julle drink wyn uit die bakke waarin julle offers bring en julle smeer die beste olyf-olie aan julle. Maar julle is nie bekommerd dat dit slegter en slegter gaan met die Israeliete nie. Daarom sal julle vyande julle vang. Hulle sal die leiers eerste vang en wegvat na 'n ander land. Die tyd is verby, julle sal nie meer lê en feesvier nie.
AMOS 6:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wat uit offerkomme wyn drink en hulle met die beste soorte olie salf, maar hulle nie oor die verbreking van Josef bekommer nie. Daarom sal hulle nou op die voorpunt van die ballinge in ballingskap gaan, en daar sal 'n end kom aan die rumoerige gejubel van die leeglêers.
AMOS 6:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
julle drink wyn uit offerkomme en salf julle met uitsoekolie, maar oor die vernietiging van Josef bekommer julle julle nie. Daarom sal julle nou weggevoer word op die voorpunt van die ballinge. Die tyd is verby dat julle uitgelate lê en feesvier.
AMOS 6:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle drink offerbakke vol wyn; met die beste olies salf hulle hulleself; maar hulle treur nie oor die ondergang van Josef nie. Daarom sal hulle nou in ballingskap gaan aan die voorpunt van die ballinge; die gefuif van dié wat rondluier, kom tot 'n einde.
AMOS 6:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
wat wyn in bakkies drink en hulleself met die hoofsalf salf, maar hulle is nie bedroef oor die ellende van Josef nie. Daarom sal hulle nou gevangenes gaan saam met die eerstes wat gevange is, en die maaltyd van die wat hulle uitgestrek het, sal verwyder word.
AMOS 6:6-7 Die Boodskap (DB)
Julle drink wyn uit die bekers wat vir die offers gebruik word. Julle smeer julleself met lekkerruikolie. Maar julle bekommer julle nie ’n oomblik oor die einde van Josef se nasate nie. Daarom sal julle die eerstes wees wat die vyand gaan vang om julle weg te vat na ’n ander land toe. Julle lawaaierige partytjies gaan dan verby wees.