AMOS 2:6-7
AMOS 2:6-7 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê: “Die mense van Israel het 'n baie groot sonde gedoen, daarom sal Ek hulle straf. Hulle het onskuldige mense verkoop om geld te kry, en die mense het slawe geword. Hulle het arm mense verkoop omdat die arm mense geld geskuld het vir 'n paar sandale. Hulle trap die arm mense se koppe in die grond in. Hulle doen nie reg aan die mense wat niks het nie. 'n Jongman en sy pa slaap by dieselfde slawe-meisie, en so ontwy hulle my heilige Naam.
AMOS 2:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Israel, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle die regverdige vir geld verkoop het en die behoeftige vir 'n paar skoene. Hulle wat daarna hyg dat die stof van die aarde op die hoof van die armes kom, en wat die weg van die ellendiges buig; en die man en sy vader gaan na dieselfde jongedogter om my heilige Naam te ontheilig.
AMOS 2:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
So sê die Here: Selfs as Israel net drie keer sonde gedoen het, sou Ek sy straf nie herroep het nie. Maar nou het hy nog sondes daarby gevoeg: hulle verkoop onskuldige mense vir geld, arm mense oor 'n paar sandale; hulle trap swakkes se koppe plat in die grond en veronreg dié wat hulleself nie kan verweer nie; pa en seun kuier by dieselfde meisie en doen my heilige Naam oneer aan
AMOS 2:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
So sê die HERE: “Oor drie oortredings van Israel, ja, oor vier, sal Ek dit nie herroep nie; omdat hulle regverdiges vir geld verkoop en behoeftiges vir 'n paar sandale. Hulle trap op die stof van die aarde, op die koppe van armes; en stoot weerloses uit die pad. 'n Man en sy vader gaan na dieselfde meisie, sodat hulle my heilige Naam ontheilig.
AMOS 2:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Israel, en oor vier, sal Ek sy straf nie afwend nie; omdat hulle die regverdiges vir silwer verkoop het en die armes vir 'n paar skoene; wat hyg na die stof van die aarde op die kop van die armes, en die weg van die sagmoediges afwyk, en 'n man en sy vader sal by dieselfde diensmeisie ingaan om my heilige Naam te ontheilig.
AMOS 2:6-7 Die Boodskap (DB)
Die Here sê: “Die spesifieke oortreding waarvoor Ek Israel nooit sal vergewe nie, is dat hulle eerlike mense vir geld verkoop. Hulle verkoop die arm mense wat nie hulle skuld kan betaal nie vir so min as die prys van ’n paar sandale. Hulle trap dié wat hulpeloos is, nog verder in die grond in. Hulle is onregverdig met dié wat alreeds swaarkry. Hulle bring my groot Naam in die skande. Pa en seun slaap by dieselfde meisie.
AMOS 2:6-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE sê: “Die mense van Israel het keer op keer gesondig. Ek sal hulle nie langer ongestraf laat nie! Hulle het die reg verdraai, eerlike mense vir geld verkoop en armes vir ’n paar sandale. Hulle vertrap hulpelose mense in die stof van die aarde. Hulle tree onregverdig op teenoor behoeftige mense. ’n Seun en sy pa slaap by dieselfde meisie. So bring hulle my Naam in die skande.