AMOS 2:1-3
AMOS 2:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
So sê die HERE: “Oor drie oortredings van Moab, ja, oor vier, sal Ek dit nie herroep nie; omdat hy die beendere van die koning van Edom tot kalk verbrand het. Ek sal vuur slinger teen Moab; dit sal die vestings van Kerijot verteer; te midde van krygsrumoer sal Moab sterf, te midde van strydkrete, te midde van die geluid van •ramshorings. Ek sal die heerser met geweld uit hulle midde verwyder en al sy •hoë amptenare saam met hom ombring.” Dit het die HERE gesê.
AMOS 2:1-3 Die Boodskap (DB)
Die Here sê: “Van al die baie sondes wat Moab al gedoen het, is daar een wat Ek altyd teen hom sal hou. Hy het die koning van Edom se eer vernietig. Hy het sy geraamte gevat en dit tot as gaan verbrand. Ek sal oorlog teen Moab laat uitbreek. Sy skuilplekke in Kerijot sal tot op die grond afgebrand word. Moab se mense sal in die oorlog omkom. Hulle sal inmekaarstort wanneer die trompet geblaas word wat die oorlog laat begin. Ek sal Moab se koning uitwis. Ek sal al sy leiers saam met hom laat doodmaak.” So sê die Here oor Moab.
AMOS 2:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
So sê die Here: Selfs as Moab net drie keer sonde gedoen het, sou Ek sy straf nie herroep het nie. Maar nou het hy 'n vierde sonde daarby gevoeg: hy het die bene van Edom se koning tot kalk verbrand. Daarom sal Ek in Moab 'n vuur laat losbreek en dit sal die mooi huise van Kerijot verteer. Moab sal omkom onder oorlogsrumoer, onder die blaas van die ramshoring. Ek sal sy regeerder uit hom wegvat en al sy amptenare saam met hom doodmaak, sê die Here.
AMOS 2:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Verder sê die HERE: “Die mense van Moab het keer op keer gesondig. Ek sal hulle nie langer ongestraf laat nie! Die bene van Edom se koning het hulle tot as verbrand. Daarom steek Ek ’n vuur aan in die land Moab en die vestings van Kerijot sal verteer word. Moab sal omkom onder oorlogsrumoer en onder die geblaas van die trompet. Ek sal hulle koning uitroei en al sy leiers saam met hom doodmaak.” So sê die HERE.
AMOS 2:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê: “Die mense van Moab het 'n baie groot sonde gedoen, daarom sal Ek hulle straf. Hulle koning het die koning van Edom se bene verbrand om kalk te maak. Daarom sal Ek 'n vuur stuur na die land Moab. Die mooi huise van die stad Kerijot sal afbrand. Hulle vyande sal hard skree, hulle sal brul soos leeus en hulle sal die ramshoring blaas. Hulle sal oorlog maak teen Moab, en die Moabiete sal sterf. Ek sal die koning van Moab en al sy amptenare saam met hom doodmaak.”
AMOS 2:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
SO sê die HERE: Oor drie oortredinge van Moab, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hy die beendere van die koning van Edom tot kalk verbrand het. Daarom sal Ek 'n vuur slinger in Moab, en dit sal die paleise van Kérijot verteer; en Moab sal met oorlogsrumoer sterwe, met krygsgeskreeu en basuingeskal. En Ek sal die regeerder onder hulle uitroei en al hulle vorste saam met hom doodmaak, sê die HERE.
AMOS 2:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
So sê die Here: Selfs as Moab net drie keer sonde gedoen het, sou Ek sy straf nie herroep het nie. Maar nou het hy 'n vierde sonde daarby gevoeg: hy het die bene van Edom se koning tot kalk verbrand. Daarom sal Ek in Moab 'n vuur laat losbreek en dit sal die mooi huise van Kerijot verteer. Moab sal omkom onder oorlogsrumoer, onder die blaas van die ramshoring. Ek sal sy regeerder uit hom wegvat en al sy amptenare saam met hom doodmaak, sê die Here.
AMOS 2:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
So sê die HERE: “Oor drie oortredings van Moab, ja, oor vier, sal Ek dit nie herroep nie; omdat hy die beendere van die koning van Edom tot kalk verbrand het. Ek sal vuur slinger teen Moab; dit sal die vestings van Kerijot verteer; te midde van krygsrumoer sal Moab sterf, te midde van strydkrete, te midde van die geluid van •ramshorings. Ek sal die heerser met geweld uit hulle midde verwyder en al sy •hoë amptenare saam met hom ombring.” Dit het die HERE gesê.
AMOS 2:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So sê die HERE; Oor drie oortredinge van Moab en oor vier sal Ek die straf daarvan nie afwend nie; omdat hy die bene van die koning van Edom tot kalk verbrand het. Maar Ek sal 'n vuur in Moab stuur, en dit sal die paleise van Kériot verteer; En Ek sal die regter daaruit uitroei en al sy vorste saam met hom doodmaak, spreek die HERE.