HANDELINGE 9:3-5
HANDELINGE 9:3-5 Bybel vir almal (ABA)
Terwyl Saulus op die pad was naby Damaskus, het daar skielik 'n lig rondom hom geskyn uit die lug. Toe hy op die grond val, het hy gehoor dat Iemand sê: “Saul, Saul, hoekom doen jy hierdie slegte dinge aan My?” Saulus vra toe: “Meneer, wie is jy?” Die Persoon het gesê: “Ek is Jesus, jy doen slegte dinge aan My.
HANDELINGE 9:3-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe hy op sy reis naby Damaskus kom, omstraal hom skielik 'n lig van die hemel af; en hy val op die grond en hoor 'n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.
HANDELINGE 9:3-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe hy op reis naby Damaskus kom, het daar skielik 'n lig uit die hemel op hom gestraal. Hy het op die grond neergeval en 'n stem vir hom hoor sê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?” “Wie is U, Here?” vra hy toe. “Ek is Jesus,” antwoord Hy. “Dit is vir My wat jy vervolg.
HANDELINGE 9:3-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Terwyl hy onderweg was, en naby Damaskus kom, het 'n lig uit die hemel hom skielik omstraal, en hy het op die grond neergeval en 'n stem vir hom hoor sê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?” Hy het gevra: “Wie is U, Here?” En Hy antwoord: “Ek is Jesus, wat jy vervolg.
HANDELINGE 9:3-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En terwyl hy reis, het hy naby Damaskus gekom, en skielik het daar 'n lig uit die hemel rondom hom geskyn. En hy het op die aarde geval en 'n stem vir hom hoor sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? En hy sê: Wie is U, Here? En die Here sê: Ek is Jesus wat jy vervolg; dit is vir jou moeilik om teen die prikkels te skop.
HANDELINGE 9:3-5 Die Boodskap (DB)
Naby Damaskus is Saulus skielik deur ’n skerp lig uit die hemel verblind. Hy het baie groot geskrik toe hy die lig sien en het soos ’n dooie op die grond neergeval. Toe hoor hy ’n stem wat vir hom sê: “Saul, Saul, hoekom is jy besig om My te vervolg?” “Sê asseblief vir my wie U is, Here,” het hy benoud gevra. “Dit is Ek, Jesus. Jy is besig om My te vervolg.
HANDELINGE 9:3-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe hy op sy sending naby Damaskus kom, het daar skielik ’n lig uit die hemel hom omstraal! Hy het op die grond neergeval en ’n stem vir hom hoor sê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?” “Wie is U, Here?” het hy toe gevra. “Ek is Jesus,” antwoord Hy. “Dis vir Mý wat jy vervolg!