HANDELINGE 9:27
HANDELINGE 9:27 Bybel vir almal (ABA)
Maar Barnabas het vir Saulus gehelp. Hy het vir Saulus na die apostels toe geneem en hy het vir hulle vertel dat Saulus op die pad na Damaskus die Here gesien het en dat die Here toe met Saulus gepraat het. Barnabas het ook vir hulle vertel dat Saulus nie bang was om vir die mense in Damaskus van Jesus te vertel nie.
HANDELINGE 9:27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Bárnabas het hom geneem en na die apostels gebring en hulle vertel hoe hy op die pad die Here gesien het en dat Hy met hom gespreek het, en hoe hy in Damaskus vrymoediglik in die Naam van Jesus gespreek het.
HANDELINGE 9:27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Barnabas het hom egter oor Saulus ontferm en hom na die apostels toe gebring. Hy het vir hulle vertel hoe Saulus op die pad die Here gesien het en dat die Here met hom gepraat het, en hoe hy in Damaskus openlik in die Naam van Jesus gepreek het.
HANDELINGE 9:27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Barnabas het hom egter gaan haal en na die •apostels geneem, en vir hulle vertel hoe hy op die pad die Here gesien het, dat Hy met hom gepraat het en hoe hy in Damaskus met vrymoedigheid in die Naam van Jesus gepreek het.
HANDELINGE 9:27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar Barnabas het hom geneem en na die apostels gebring en aan hulle vertel hoe hy die Here op die pad gesien het en dat hy met hom gespreek het en hoe hy vrymoediglik in Damaskus gepreek het in die Naam van Jesus.
HANDELINGE 9:27 Die Boodskap (DB)
Barnabas het egter gesien Saulus se geloof in Jesus is eg. Hy het hom jammer gekry en hom toe aan die apostels gaan voorstel. Barnabas het hulle vertel hoe die Here aan Saulus verskyn en met hom gepraat het. Hy het ook vertel dat Saulus nie bang was om in Damaskus vir die mense te sê dat Jesus die Here is nie.