HANDELINGE 7:6-7
HANDELINGE 7:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
God het só gesê: ‘Sy nageslag sal bywoners wees in 'n land wat aan ander behoort. Daar sal hulle slawe wees en vier honderd jaar lank baie swaar kry. Maar Ek sal die nasie straf wat hulle as slawe aanhou.’ Verder het God gesê: ‘Daarna sal hulle wegtrek en My op hierdie plek dien.’
HANDELINGE 7:6-7 Bybel vir almal (ABA)
God het gesê: ‘ Abraham se nageslag sal vreemdelinge wees in 'n vreemde land. Die mense van daardie land sal Abraham se nageslag slawe laat word, en die mense sal slegte dinge doen aan hulle, 400 jaar lank. Maar Ek sal die mense straf wat Abraham se nageslag slawe laat word het.’ God het ook gesê: ‘ En nadat dit gebeur het, sal Abraham se nageslag wegtrek en hulle sal My dien in hierdie land.’
HANDELINGE 7:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En God het aan hom dít gesê, dat sy nageslag bywoners in 'n vreemde land sou wees en die mense hulle tot slawe sou maak en mishandel, vierhonderd jaar lank. En die nasie aan wie hulle diensbaar sal wees, sal Ek oordeel, het God gesê; en daarna sal hulle uittrek en My in hierdie plek dien.
HANDELINGE 7:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
God het dit so gestel, ‘Sy nageslag sal bywoners wees in 'n land wat aan ander behoort, en die inwoners sal hulle slawe maak en vierhonderd jaar lank laat swaarkry. Maar Ek sal die nasie straf wat hulle as slawe aanhou,’ het God gesê, ‘en daarna sal hulle uitgaan en My op hierdie plek dien’.
HANDELINGE 7:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En God het so gespreek dat sy nageslag as vreemdeling sou vertoef in 'n vreemde land; en dat hulle hulle in slawerny sou bring en hulle boos smeek vierhonderd jaar. En die nasie aan wie hulle in slawerny sal wees, sal Ek oordeel, het God gesê; en daarna sal hulle uittrek en My op hierdie plek dien.
HANDELINGE 7:6-7 Die Boodskap (DB)
Tog het God hom belowe dat sy nageslag eendag hierdie hele land sou bewoon. “Hy het bygevoeg dat hulle eers sowat 400 jaar lank in ’n vreemde land sou bly. Daar sou hulle geen eie grond hê nie. Hulle sou as slawe werk en deur ander mense mishandel word. “‘Maar moenie jou bekommer nie, Ek sal afreken met daardie volk wat jou nageslag so sleg sal behandel,’ het God vir Abraham gesê. ‘Dan sal Ek hulle daar gaan haal en na hierdie land toe bring sodat hulle My hier kan kom dien.’
HANDELINGE 7:6-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“God het egter ook gesê dat sy nageslag as uitlanders sal woon in ’n vreemde land, waar hulle vir 400 jaar as slawe mishandel sal word. ‘Maar Ék sal die nasie straf wat hulle as slawe laat werk,’ het God gesê, ‘en uiteindelik sal hulle wegtrek en My op hierdie plek aanbid.’