HANDELINGE 7:39 - Compare All Versions
HANDELINGE 7:39 ABA (Bybel vir almal)
Maar ons voorvaders wou nie luister na Moses nie. Hulle wou nie hoor wat hy sê nie, en hulle het verlang na Egipte.
HANDELINGE 7:39 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Na hom wou ons vaders nie luister nie, maar hulle het hom verstoot en met hulle harte na Egipte teruggekeer
HANDELINGE 7:39 AFR83 (Afrikaans 1983)
Ons voorvaders wou egter nie na hom luister nie. Hulle het hom verontagsaam en na Egipte terug verlang.
HANDELINGE 7:39 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit is aan hom wat ons vaders nie gehoorsaam wou wees nie. Hulle het hom verwerp en in hulle harte na Egipte teruggedraai
HANDELINGE 7:39 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Aan wie ons vaders nie gehoorsaam wou wees nie, maar hom van hulle weggestoot en in hulle harte teruggekeer het na Egipte
HANDELINGE 7:39 DB (Die Boodskap)
Daarna het hy God se wil aan ons voorvaders in die woestyn bekendgemaak. Hy het al hierdie woorde wat lewe gee by die Here self ontvang en dit aan hulle almal gaan meedeel. Maar ons voorvaders het hulle nie daaraan gesteur nie.
HANDELINGE 7:39 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Ons voorouers het hom egter geïgnoreer, en hulle wou teruggaan Egipte toe.