HANDELINGE 7:35 - Compare All Versions

HANDELINGE 7:35 ABA (Bybel vir almal)

“Julle moet onthou, die Israeliete wou nie hê dat Moses hulle leier moes wees nie. Hulle het gesê: ‘Wie het jou gekies en aangestel om regeerder en regter oor ons te wees?’ Maar God het vir hóm, vir Móses, gestuur om regeerder en redder te wees. God het dit gedoen toe die engel aan Moses verskyn het in die bos.

HANDELINGE 7:35 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Hierdie Moses wat hulle verloën het deur te sê: Wie het jou aangestel as 'n owerste en regter? — hom het God as owerste en verlosser gestuur deur die hand van die Engel wat aan hom verskyn het in die doringbos.

HANDELINGE 7:35 AFR83 (Afrikaans 1983)

“Dit is dieselfde Moses vir wie die Israeliete nie wou aanvaar nie en vir wie hulle gesê het: ‘Wie het jou as leier en regter aangestel?’ Tog het God juis vir Moses as leier en redder na hulle toe gestuur deur die engel wat in die doringbos aan hom verskyn het.

HANDELINGE 7:35 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hierdie Moses, vir wie hulle verwerp het toe hulle gesê het, ‘Wie het jou as leier en regter aangestel?’ – hom het God as leier en bevryder gestuur deur die hand van 'n engel wat aan hom in die doringbos verskyn het.

HANDELINGE 7:35 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Hierdie Moses wat hulle verwerp het deur te sê: Wie het jou 'n owerste en 'n regter aangestel? dieselfde het God gestuur om 'n heerser en 'n verlosser te wees deur die hand van die engel wat aan hom in die doringbos verskyn het.

HANDELINGE 7:35 DB (Die Boodskap)

“Dieselfde Moses wat vroeër deur sy eie mense verwerp is, is nou deur God self as hulle leier en redder aangewys. Dit alles het daar by die brandende doringbos begin waar hy God se stem gehoor het.

HANDELINGE 7:35 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Só, deur die engel wat in die brandende doringbos aan hom verskyn het, het God juis hóm as leier en redder na die Israeliete toe gestuur, dieselfde Moses vir wie die Israeliete verwerp het en toegesnou het: ‘Wie het jou ons leier en regter gemaak?’