HANDELINGE 7:30
HANDELINGE 7:30 Bybel vir almal (ABA)
“Daar het 40 jaar verbygegaan. Toe het 'n engel aan Moses verskyn in die woestyn by Sinai-berg. Die engel was in die vlamme van 'n bos wat gebrand het.
HANDELINGE 7:30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe veertig jaar verby was, het 'n Engel van die Here aan hom verskyn in die woestyn van die berg Sinai, in die vuurvlam van 'n doringbos.
HANDELINGE 7:30 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Veertig jaar later het 'n engel eendag in die woestyn by Sinaiberg in die vlamme van 'n brandende doringbos aan Moses verskyn.
HANDELINGE 7:30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Ná veertig jaar het 'n engel aan hom in die woestyn van die Sinaigebergte verskyn, in die vlam van 'n brandende doringbos.
HANDELINGE 7:30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe veertig jaar verby was, het daar aan hom in die woestyn van die berg Sina verskyn 'n engel van die Here in 'n vuurvlam in 'n doringbos.