Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 6:6 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 6:6 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die gelowiges het hulle voor die apostels gebring, en dié het vir hulle gebid en hulle die hande opgelê.

HANDELINGE 6:6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

wat hulle voor die apostels gestel het; en hulle het gebid en hulle die hande opgelê.

HANDELINGE 6:6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hierdie sewe is aan die apostels voorgestel, en dié het vir hulle gebid en hulle die hande opgelê om hulle vir hulle taak toe te rus.

HANDELINGE 6:6 DB (Die Boodskap)

Hy het hom vroeër tot die Joodse geloof bekeer.

HANDELINGE 6:6 ABA (Bybel vir almal)

Die gelowiges het hierdie manne voor die apostels laat staan. Die apostels het vir hulle gebid en hulle het hulle hande op die manne gesit.

HANDELINGE 6:6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hulle het hierdie manne aan die •apostels voorgestel, en die apostels het vir hulle gebid en hulle die hande opgelê.

HANDELINGE 6:6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Wat hulle voor die apostels gestel het, en nadat hulle gebid het, het hulle hulle die hande opgelê.