Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HANDELINGE 6:3 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

HANDELINGE 6:3 AFR83 (Afrikaans 1983)

Nou, broers, soek sewe mans onder julle uit wat daarvoor bekend is dat hulle vol van die Heilige Gees is en wysheid het, sodat ons hulle vir hierdie taak kan aanstel.

HANDELINGE 6:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel

HANDELINGE 6:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Medegelowiges, kies sewe mans onder julle wat daarvoor bekend is dat hulle vol van die Heilige Gees is en wysheid het. Ons sal hulle dan vir hierdie bediening aanstel.

HANDELINGE 6:3 DB (Die Boodskap)

“Ons het nou die volgende plan: kies sewe mans uit julle geledere om hierdie werk by ons oor te neem. Maar dit moet mans wees wat julle almal ken en vertrou. Hulle moet ook verstandig wees en vol van die krag van die Heilige Gees.

HANDELINGE 6:3 ABA (Bybel vir almal)

Vriende, julle moet sewe manne in die gemeente kies. Almal moet weet en sê dat hulle goeie manne is. Die Heilige Gees moet regeer oor hulle lewens en hulle moet baie wysheid hê. Ons moet vir hulle die werk gee om vir die arm mense te sorg.

HANDELINGE 6:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Broers, soek dan sewe mans onder julle, van goeie getuienis en vol van die Gees en van wysheid, wat ons vir hierdie taak kan aanstel.

HANDELINGE 6:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Daarom, broers, kyk onder julle uit na sewe manne met eerlike verslag, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie saak kan aanstel.