Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 6:14 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 6:14 AFR83 (Afrikaans 1983)

Ons het hom hoor sê dat hierdie Jesus van Nasaret die tempel sal afbreek en die voorskrifte wat Moses vir ons gegee het, sal verander.”

HANDELINGE 6:14 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Want ons het hom hoor sê: Hierdie Jesus, die Nasaréner, sal hierdie plek afbreek en die sedes wat Moses aan ons oorgelewer het, verander.

HANDELINGE 6:14 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ons het hom regtig hoor sê dat hierdie Jesus van Nasaret die tempel sal verwoes en die tradisies wat Moses vir ons gegee het, sal verander.”

HANDELINGE 6:14 DB (Die Boodskap)

Ons het selfs gehoor hoe hy nou die dag gesê het dat daardie Jesus van Nasaret in wie hy glo, die tempel sal afbreek. Hy sal ook al die wette afskaf wat Moses vir ons gegee het.”

HANDELINGE 6:14 ABA (Bybel vir almal)

Want ons het gehoor Stefanus sê dat hierdie Jesus van Nasaret hierdie tempel sal afbreek en dat hy die dinge sal verander wat Moses vir ons geleer het.”

HANDELINGE 6:14 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ons het hom hoor sê, ‘Hierdie Jesus van Nasaret sal hierdie plek afbreek en die gebruike verander wat Moses aan ons oorgelewer het.’ ”

HANDELINGE 6:14 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Want ons het hom hoor sê dat hierdie Jesus van Nasaret hierdie plek sal vernietig en die gebruike sal verander wat Moses ons oorgelewer het.