HANDELINGE 6:13 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 6:13 AFR83 (Afrikaans 1983)
en vals getuies gekry om te sê: “Hierdie man wil nie ophou om dinge teen die heilige tempel en die wet van Moses te sê nie.
HANDELINGE 6:13 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En hulle het valse getuies laat optree om te sê: Dié man hou nie op om lasterlike dinge te praat teen hierdie heilige plek en die wet nie.
HANDELINGE 6:13 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die vals getuies het gesê: “Hierdie man hou aan om afbrekend van die tempel en van die wet van Moses te praat.
HANDELINGE 6:13 DB (Die Boodskap)
Die mense wat allerhande stories oor hom versprei het, het ook by die verhoor opgedaag en gesê: “Hierdie man sê die verskriklikste dinge teen ons heilige tempel en teen die wet van God.
HANDELINGE 6:13 ABA (Bybel vir almal)
Die mense het vals getuies gekry wat sê: “Stefanus wil nie ophou om slegte dinge te sê teen hierdie gewyde woonplek en teen die Wette van Moses nie.
HANDELINGE 6:13 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het ook vals getuies na vore laat kom wat verklaar het: “Hierdie man hou nie op om teen hierdie heilige plek en die wet te praat nie.
HANDELINGE 6:13 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En stel valse getuies op wat gesê het: Hierdie man hou nie op om lasterlike woorde teen hierdie heiligdom en die wet te spreek nie.