Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 6:10 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 6:10 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hulle was egter nie opgewasse teen die wysheid wat hy van die Gees ontvang het en waarmee hy gepraat het nie.

HANDELINGE 6:10 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar hulle kon die wysheid en die Gees waardeur hy gespreek het, nie weerstaan nie.

HANDELINGE 6:10 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hulle was egter nie opgewasse teen die wysheid en die Gees waarmee hy gepraat het nie.

HANDELINGE 6:10 DB (Die Boodskap)

Hulle was nie opgewasse teen Stefanus se insig in God se raadsplan nie.

HANDELINGE 6:10 ABA (Bybel vir almal)

Maar hulle was nie so slim soos Stefanus nie. Stefanus het met wysheid gepraat, die Heilige Gees het vir hom gesê wat hy moet sê.

HANDELINGE 6:10 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

maar hulle was nie opgewasse teen die wysheid waarmee, en die Gees deur wie, hy gespreek het nie.

HANDELINGE 6:10 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En hulle kon die wysheid en die gees waarmee Hy gespreek het, nie weerstaan nie.