HANDELINGE 5:42 - Compare All Versions
HANDELINGE 5:42 ABA (Bybel vir almal)
Hulle het aangehou om elke dag in die tempel en by die huise vir die mense te leer en om die goeie boodskap te bring dat Jesus die Christus is.
HANDELINGE 5:42 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En hulle het nie opgehou om elke dag in die tempel en van huis tot huis te leer nie, en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is.
HANDELINGE 5:42 AFR83 (Afrikaans 1983)
En hulle het nie opgehou om die mense elke dag in die tempel en in hulle huise te leer en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is nie.
HANDELINGE 5:42 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Boonop het hulle nie opgehou om elke dag op die tempelterrein en van huis tot huis onderrig te gee nie, en ook nie om die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is nie.
HANDELINGE 5:42 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En elke dag in die tempel en in elke huis het hulle nie opgehou om te leer en Jesus Christus te verkondig nie.
HANDELINGE 5:42 DB (Die Boodskap)
Hulle het hulle nie aan die Joodse Raad se waarskuwings gesteur nie, maar aangehou om elke dag in die tempel en van huis tot huis die nuus bekend te maak dat Jesus die Christus is.
HANDELINGE 5:42 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
En elke dag het hulle aangehou om mense in die tempel en van huis tot huis te onderrig en die Goeie Nuus te preek dat Jesus die Messias is.