HANDELINGE 5:41 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 5:41 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die apostels het van die Raad af weggegaan, bly dat hulle bevoorreg was om ter wille van die Naam van Jesus vernedering te ly.
HANDELINGE 5:41 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Hulle het toe van die Raad af weggegaan, bly dat hulle waardig geag was om vir sy Naam oneer te ly.
HANDELINGE 5:41 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die apostels het van die Raad af weggegaan, bly dat God hulle werd geag het om ter wille van die Naam van Jesus vernedering te ly.
HANDELINGE 5:41 DB (Die Boodskap)
Die apostels was baie bly toe hulle by die Joodse Raad uitstap. Hulle was dankbaar dat hulle hierdie vernedering en slae kon verduur omdat hulle in Jesus glo.
HANDELINGE 5:41 ABA (Bybel vir almal)
Die apostels het weggegaan van die Joodse Raad. Hulle was baie bly dat die Here besluit het dat dit húlle is wat moet swaarkry omdat hulle aan Jesus behoort.
HANDELINGE 5:41 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarna het hulle van die Sanhedrin weggegaan, bly dat hulle waardig bevind is om ter wille van sy Naam skandelik behandel te word.
HANDELINGE 5:41 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het weggegaan van die aangesig van die Raad, en was bly dat hulle waardig geag is om vir sy Naam skande te ly.