HANDELINGE 5:41
HANDELINGE 5:41 Bybel vir almal (ABA)
Die apostels het weggegaan van die Joodse Raad. Hulle was baie bly dat die Here besluit het dat dit húlle is wat moet swaarkry omdat hulle aan Jesus behoort.
HANDELINGE 5:41 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hulle het toe van die Raad af weggegaan, bly dat hulle waardig geag was om vir sy Naam oneer te ly.
HANDELINGE 5:41 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die apostels het van die Raad af weggegaan, bly dat hulle bevoorreg was om ter wille van die Naam van Jesus vernedering te ly.
HANDELINGE 5:41 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarna het hulle van die Sanhedrin weggegaan, bly dat hulle waardig bevind is om ter wille van sy Naam skandelik behandel te word.
HANDELINGE 5:41 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle het weggegaan van die aangesig van die Raad, en was bly dat hulle waardig geag is om vir sy Naam skande te ly.