HANDELINGE 5:39
HANDELINGE 5:39 Bybel vir almal (ABA)
Maar as dit Gód is wat dit doen, dan sal julle nie vir hulle kan keer nie. Julle sal miskien later besef dat julle teen God baklei het.” Die Joodse Raad het geluister na Gamaliël.
HANDELINGE 5:39 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
maar as dit uit God is, kan julle dit nie vernietig nie — dat dit nie miskien bevind word dat julle selfs teen God stry nie.
HANDELINGE 5:39 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar as dit van God kom, sal julle hulle nie kan keer nie. Moenie dat dit dalk later blyk dat julle selfs teen God gestry het nie!” Die Raad het na hom geluister.
HANDELINGE 5:39 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
maar as dit van God af kom, sal julle hulle nie kan keer nie – moenie dat dit blyk dat julle teen God veg nie!” Hulle het toe na hom geluister.
HANDELINGE 5:39 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar as dit van God is, kan julle dit nie omverwerp nie; dat julle miskien ook bevind word om teen God te veg.
HANDELINGE 5:39 Die Boodskap (DB)
Maar aan die ander kant: as hulle regtig deur God aangestel is soos hulle beweer, sal julle niks aan hulle kan doen nie. Boonop gaan julle julle dan teen God self vasloop.” Hierdie woorde van Gamaliël het die ander raadslede laat kalmeer. Hulle het besluit om sy raad te volg.