HANDELINGE 5:24
HANDELINGE 5:24 Bybel vir almal (ABA)
Toe die offisier van die wagte wat by die tempel werk en die priesterleiers dit hoor, was hulle baie verbaas. Hulle het gewonder wat gebeur het.
HANDELINGE 5:24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe die hoëpriester en die hoofman van die tempel en die owerpriesters hierdie woorde hoor, was hulle daarmee verleë wat nou hiervan sou word.
HANDELINGE 5:24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe die bevelvoerder van die tempelwag en die priesterhoofde dit hoor, was hulle uit die veld geslaan en hulle het gewonder wat van die apostels geword het.
HANDELINGE 5:24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe die bevelvoerder van die tempelwag en die leierpriesters hierdie woorde hoor, was hulle daaroor verward, oor wat dit kon beteken.
HANDELINGE 5:24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe die hoëpriester en die owerste van die tempel en die owerpriesters hierdie dinge hoor, het hulle aan hulle getwyfel waartoe dit sou groei.