HANDELINGE 28:16
HANDELINGE 28:16 Bybel vir almal (ABA)
Ons het in Rome gekom, en die Romeine het gesê dat Paulus nie in die tronk moet bly nie. Hulle het gesê dat Paulus in 'n huis mag gaan woon, saam met die soldaat wat hom moes oppas.
HANDELINGE 28:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En nadat ons in Rome gekom het, het die hoofman oor honderd die gevangenes oorgelewer aan die bevelhebber van die leër. Maar aan Paulus is dit vergun om op sy eie te woon met die soldaat wat hom moes oppas.
HANDELINGE 28:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Na ons aankoms in Rome het Paulus die vergunning gekry om op sy eie te woon met 'n soldaat om hom te bewaak.
HANDELINGE 28:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe ons in Rome aankom, is Paulus toegelaat om op sy eie te woon, met 'n soldaat wat hom bewaak het.
HANDELINGE 28:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe ons in Rome kom, het die hoofman oor honderd die gevangenes aan die owerste van die lyfwag oorgegee; maar Paulus is toegelaat om alleen te woon by 'n soldaat wat hom bewaar het.