HANDELINGE 27:7
HANDELINGE 27:7 Bybel vir almal (ABA)
Ons het lank geseil, en nadat ons skip baie gesukkel het, het ons naby die stad Knidus gekom. Maar die wind het sterk teen ons gewaai, en daarom het ons langs die eiland Kreta verbygeseil, langs die kant waar die wind nie so sterk was nie. Ons was oorkant die stad Salmone.
HANDELINGE 27:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En verskeie dae het ons langsaam gevaar en met moeite teenoor Cnidus gekom; en omdat die wind ons nie toegelaat het nie, onderkant Kreta langs gevaar, teenoor Salmóne.
HANDELINGE 27:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons het dae lank stadig gevaar en met moeite regoor Knidus gekom. Toe die wind ons nie toegelaat het om verder op dié koers voort te gaan nie, het ons aan die beskutte kant van Kreta by Salmone verby gevaar.
HANDELINGE 27:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir 'n hele paar dae het ons maar stadig gevaar, en met moeite naby Knidus gekom. Omdat die wind ons nie toegelaat het nie, het ons aan die beskutte kant van Kreta, by Salmone, verbygevaar.
HANDELINGE 27:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe ons baie dae stadig geseil het, en skaars teen Cnidus oorgekom het, terwyl die wind ons nie verdra het nie, het ons onder Kreta deur gevaar, teenoor Salmone