HANDELINGE 27:33
HANDELINGE 27:33 Bybel vir almal (ABA)
Net voor dit dag geword het, het Paulus almal bemoedig en hy het gesê hulle moet iets eet. Hy het gesê: “Julle is bang vir wat sal gebeur, en julle het 14 dae lank nie geëet nie.
HANDELINGE 27:33 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En teen die tyd dat dit dag sou word, het Paulus almal aangemoedig om voedsel te gebruik en gesê: Dit is vandag die veertiende dag dat julle in afwagting bly vas sonder om iets te gebruik.
HANDELINGE 27:33 Afrikaans 1983 (AFR83)
Net toe dit begin lig word, het Paulus almal aangespoor om te eet: “Vandag is dit al veertien dae dat julle in spanning wag sonder om iets te eet.
HANDELINGE 27:33 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Net voor dagbreek het Paulus by almal begin aandring om iets te eet. Hy het gesê: “Vandag is al die veertiende dag dat julle sonder kos bly wag en niks inneem nie.
HANDELINGE 27:33 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En terwyl die dag aanbreek, het Paulus almal gesmeek om voedsel te eet en gesê: Dit is vandag die veertiende dag dat julle vertoef en aanhou vas sonder dat julle niks geneem het nie.