HANDELINGE 27:15
HANDELINGE 27:15 Bybel vir almal (ABA)
Die wind het die skip saamgesleep. Ons kon nie die skip draai sodat dit teen die wind seil nie. Daarom het ons die skip gelos sodat dit gedryf het, saam met die wind.
HANDELINGE 27:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe die skip meegesleep is en nie teen die wind op kon seil nie, het ons dit opgegee en weggedrywe.
HANDELINGE 27:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die wind het die skip meegesleur. Omdat dit onmoontlik was om die skip se boeg wind op te hou, het ons dit opgegee en wind af gedrywe.
HANDELINGE 27:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Omdat die skip meegesleur is en nie in staat was om teen die wind in te beur nie, het ons ons daaraan oorgegee en weggedryf.