Slaan direk na inhoud oor

HANDELINGE 24:24 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 24:24 AFR83 (Afrikaans 1983)

Na 'n paar dae het Feliks en sy Joodse vrou, Drusilla, vir Paulus laat haal om meer van hom te hoor oor die geloof in Christus Jesus.

HANDELINGE 24:24 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En 'n paar dae daarna het Felix gekom saam met Drusílla, sy vrou, wat 'n Jodin was, en het Paulus laat haal en hom aangehoor oor die geloof in Christus.

HANDELINGE 24:24 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Na ’n paar dae het Feliks, met sy Joodse vrou, Drusilla, gekom en vir Paulus laat haal en na hom geluister oor die geloof in Christus Jesus.

HANDELINGE 24:24 DB (Die Boodskap)

’n Paar dae later het Feliks en sy Joodse vrou, Drusilla, vir Paulus laat haal. Hulle wou hoor wat hy alles oor sy geloof in Jesus Christus te sê gehad het.

HANDELINGE 24:24 ABA (Bybel vir almal)

'n Paar dae later het Feliks na die tronk gegaan. Feliks se vrou Drusilla het saam met hom gegaan, sy was 'n Joodse vrou. Feliks het vir die soldate gesê hulle moet vir Paulus gaan haal. Toe het Feliks geluister na wat Paulus sê oor geloof in Christus Jesus.

HANDELINGE 24:24 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

'n Paar dae later het Feliks saam met sy vrou Drusilla, 'n Jodin, gekom en Paulus laat haal en geluister na wat hy oor die geloof in Christus Jesus sê.

HANDELINGE 24:24 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En ná sekere dae, toe Felix met sy vrou Drusilla, 'n Joodse vrou, gekom het, het hy Paulus laat roep en hom gehoor aangaande die geloof in Christus.