HANDELINGE 24:12 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 24:12 AFR83 (Afrikaans 1983)
Niemand het my in die tempel of in die sinagoges of êrens in die stad gekry dat ek met iemand gestry of die skare tot oproer aangehits het nie.
HANDELINGE 24:12 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En hulle het my nie in die tempel gevind, besig om met iemand te praat of 'n opstand van die volk te verwek nie, en ook nie in die sinagoges of in die stad nie.
HANDELINGE 24:12 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Verder het niemand my in die tempel gekry dat ek met iemand stry, of dat ek in die sinagoges of in die stad betogings organiseer nie.
HANDELINGE 24:12 DB (Die Boodskap)
Dis al. Niemand kan my daarvan beskuldig dat ek met een enkele persoon in die tempel gestry of dat ek ’n opstand onder die mense veroorsaak het nie. Ek het ook nie in een van die sinagoges of iewers op straat amok gaan maak nie.
HANDELINGE 24:12 ABA (Bybel vir almal)
Toe die Jode my in die tempel gekry het, was ek nie besig om met iemand te stry nie. Ek het ook nie mense opstandig gemaak nie, nie in die sinagoges nie, en ook nie op ander plekke in die stad Jerusalem nie.
HANDELINGE 24:12 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het my nie op die tempelterrein gevind waar ek besig was om met iemand te redeneer, of om 'n oproer onder die volk te veroorsaak in die •sinagoges of iewers in die stad nie.
HANDELINGE 24:12 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het My ook nie in die tempel gevind terwyl ek met iemand stry en die volk nie opgewek het nie, ook nie in die sinagoges of in die stad nie.