HANDELINGE 24:1
HANDELINGE 24:1 Bybel vir almal (ABA)
Vyf dae het verbygegaan. Toe het die hoëpriester Ananias na goewerneur Feliks toe gekom. Daar het ook 'n paar ouderlinge en 'n advokaat saam met Ananias gekom. Die advokaat se naam was Tertullus. Hulle het vir die goewerneur kom sê wat Paulus verkeerd gedoen het.
HANDELINGE 24:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN vyf dae daarna het die hoëpriester Ananías met die ouderlinge en 'n sekere advokaat Tertúllus afgekom en Paulus by die goewerneur aangeklaag.
HANDELINGE 24:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vyf dae later het die hoëpriester Ananias saam met 'n paar van die familiehoofde en 'n advokaat, Tertullus, daar aangekom. Hulle het voor die goewerneur verskyn om hulle aanklag teen Paulus in te dien.
HANDELINGE 24:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vyf dae later het die hoëpriester Ananias saam met 'n paar familiehoofde, en ook 'n sekere Tertullus, 'n advokaat, daar aangekom. Hulle het hulle aanklag teen Paulus by die prokurator ingedien.
HANDELINGE 24:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ná vyf dae het die hoëpriester Ananias saam met die ouderlinge neergedaal en met 'n sekere redenaar met die naam van Tertullus, wat die goewerneur teen Paulus ingelig het.