HANDELINGE 23:5
HANDELINGE 23:5 Bybel vir almal (ABA)
Paulus het geantwoord: “Vriende, ek het nie geweet dat hy die hoëpriester is nie. Ek weet in die Ou Testament is daar geskryf: “ Jy mag nie slegte dinge sê van 'n leier van jou volk nie.”
HANDELINGE 23:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop sê Paulus: Ek het nie geweet, broeders, dat hy hoëpriester is nie, want daar staan geskrywe: Van 'n owerste van jou volk mag jy nie kwaad spreek nie.
HANDELINGE 23:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarop antwoord hy: “Ek het nie geweet dat hy die hoëpriester is nie, broers. Dit ís soos daar geskrywe staan: Jy mag nie 'n leier van jou volk beledig nie. ”