HANDELINGE 23:24 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 23:24 AFR83 (Afrikaans 1983)
Sorg dat daar rydiere is, sodat Paulus veilig na Feliks, die goewerneur, oorgebring kan word.”
HANDELINGE 23:24 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En sorg vir pakdiere, dat hulle Paulus daarop kan sit en veilig na Felix, die goewerneur, oorbring.
HANDELINGE 23:24 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Sorg dat daar rydiere vir Paulus is, en bring hom veilig by goewerneur Feliks.”
HANDELINGE 23:24 DB (Die Boodskap)
Maak ook seker dat daar ’n paar esels is om Paulus en al sy bagasie te vervoer. Ons moet sorg dat hy veilig by goewerneur Feliks aankom.”
HANDELINGE 23:24 ABA (Bybel vir almal)
Julle moet ook perde saamneem sodat Paulus op hulle kan ry en julle moet hom veilig neem tot by goewerneur Feliks.”
HANDELINGE 23:24 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
En sorg dat rydiere beskikbaar is, sodat hulle Paulus daarop kan vervoer en veilig na die prokurator Feliks kan bring.”
HANDELINGE 23:24 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En voorsien vir hulle diere, dat hulle Paulus kan aansit en hom veilig na Felix, die goewerneur, kan bring.