HANDELINGE 23:16 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 23:16 AFR83 (Afrikaans 1983)
Maar die seun van Paulus se suster het gehoor van die plan om hom voor te lê en kaserne toe gekom en dit vir Paulus gaan vertel.
HANDELINGE 23:16 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar die seun van Paulus se suster het van die hinderlaag gehoor, en hy het gekom en in die kamp gegaan en dit aan Paulus vertel.
HANDELINGE 23:16 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Paulus se susterskind het egter gehoor van die hinderlaag. Hy is na die kaserne toe en het by die barakke ingekom en Paulus ingelig.
HANDELINGE 23:16 DB (Die Boodskap)
Paulus se suster se seun het van die komplot teen hom te hore gekom. Hy het dadelik na die Romeinse kaserne gegaan en Paulus daarvan vertel.
HANDELINGE 23:16 ABA (Bybel vir almal)
Maar die seun van Paulus se suster het gehoor dat die mans langs die pad wil wegkruip en dat hulle dan vir Paulus wil doodmaak. Daarom het hy na die soldate-kamp gegaan, en hy het vir Paulus gaan sê wat die mans wil doen.
HANDELINGE 23:16 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die seun van Paulus se suster het egter van die hinderlaag gehoor. Hy het na die kwartiere gegaan, toegang verkry en vir Paulus daarvan vertel.
HANDELINGE 23:16 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe die seun van Paulus se suster hoor dat hulle loer, het hy gegaan en in die kasteel ingegaan en dit aan Paulus vertel.