HANDELINGE 22:6 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 22:6 AFR83 (Afrikaans 1983)
“Terwyl ek op reis was en naby Damaskus gekom het, het daar teen die middag skielik 'n sterk lig uit die hemel op my gestraal.
HANDELINGE 22:6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar terwyl ek op reis was en naby Damaskus kom, het daar op die middag skielik 'n groot lig uit die hemel my omstraal
HANDELINGE 22:6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Juis toe ek op pad was, sommer naby Damaskus, het daar teen die middag skielik ’n sterk lig uit die hemel om my gestraal.
HANDELINGE 22:6 DB (Die Boodskap)
“Toe ek naby Damaskus kom, het ’n helder lig uit die hemel in die middel van die dag skielik op my begin skyn.
HANDELINGE 22:6 ABA (Bybel vir almal)
“Ek was besig om na Damaskus te gaan en ek was naby Damaskus. Toe dit omtrent middag was, het daar skielik 'n groot lig uit die hemel op my geskyn.
HANDELINGE 22:6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Terwyl ek egter nog op pad was en Damaskus genader het, het daar teen die middaguur skielik 'n helder lig uit die hemel rondom my geskyn.
HANDELINGE 22:6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dit het gebeur dat, terwyl ek my reis gemaak het en teen die middag naby Damaskus gekom het, skielik het daar uit die hemel 'n groot lig rondom my geskyn.