HANDELINGE 22:25 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 22:25 AFR83 (Afrikaans 1983)
Hulle het hom alreeds vir die geseling vasgebind gehad toe Paulus vir die kaptein wat daarby staan, vra: “Mag julle 'n Romeinse burger gesel, en boonop nog sonder verhoor?”
HANDELINGE 22:25 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En onderwyl hulle hom met die rieme uitrek, sê Paulus vir die hoofman oor honderd wat daar staan: Is dit u geoorloof om 'n Romeinse burger, en dit onveroordeeld, te gésel?
HANDELINGE 22:25 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hulle het hom klaar met rieme vasgebind gehad vir die géseling toe Paulus vir die offisier oor honderd man wat daar naby staan, vra: “Is dit wettig dat julle ’n Romeinse burger gésel, en boonop nog sonder verhoor?”
HANDELINGE 22:25 DB (Die Boodskap)
Toe die soldate Paulus met toue begin vasmaak sodat hulle hom kon slaan, het hy vir ’n Romeinse kaptein wat daar gestaan het, gevra: “Is dit wat u nou doen wettig? Mag u ’n Romeinse burger lyfstraf gee sonder ’n verhoor?”
HANDELINGE 22:25 ABA (Bybel vir almal)
Die soldate het begin om Paulus met toue vas te maak. Die offisier het by hulle gestaan, en Paulus het vir hom gesê: “Ek is 'n Romeinse burger. Julle mag my nie met 'n sweep slaan nie, want 'n regter het my nog nie ge-oordeel nie.”
HANDELINGE 22:25 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar toe hulle hom al uitgestrek het met die rieme, sê Paulus vir die centurio wat daar staan: “Is dit julle geoorloof om 'n Romeinse burger te gesel, en dit sonder 'n verhoor?”
HANDELINGE 22:25 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En terwyl hulle hom met rieme gebind het, sê Paulus vir die hoofman oor honderd wat daar staan: Is dit jou geoorloof om 'n man wat 'n Romein en onveroordeeld is, te gésel?